Hoekom het jy my nie meer lief soos jy al gehad het nie?
Hoekom gee jy nie vir my om soos vir jou kinders nie?
Hoekom is jy nie so lojaal teenoor my soos teenoor jou Ma nie?
Hoekom luister jy nooit na my soos na jou Kollegas en vriende nie?
Hoekom...........
Dit maak seer. So diep seer!
Gee jy ooit om?
Pla dit jou ooit as ek soms net 'n skouer soek, trooswoorde, omgeewoorde.......
Maak dit saak vir jou?
Hoekom, is ons hier?
Hoekom en waarom en wanneer het dinge so verkeert begin gaan?
Gaan dit reg kom?
Wil ons he dit moet reg kom?
Gee jy ooit om?
Pla dit jou soms?
Ek dink nie so nie.
Jy het soveel om voor te lewe, en jy lewe.
En ek??????
Wat van my?
Hoekom?
Wednesday, July 28, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)
