Dominic was ons eerste babetjie gewees. Ons eerste swangerskap en ons ons eerste (en dankie tog laaste) miskraam gewees. Ek sal daardie dag wat ons vir die eerste keer gehoor het dat ons swanger is, nooit vergeet nie. Dit was Vrydag die 24ste Augustus 2007 gewees. Maar ongelukkig 4 dae later, Dinsdag die 28ste Augustus 2007 het ons, ons babetjie verloor.
Ons het besluit om vir ons babetjie 'n naampie te gee - Dominic. Hoe ironies dat ons verrassings babetjie se naam nou Dominique gaan wees. Maar nooit ooit sal ons vergeet van ons eerste, werklike babetjie Dominic nie.
Ek het 'n briefie aan Dominic geskryf na die miskraan, ek sal dit 'n bietjie later met julle deel.
Maar eers wil ek graag 'n gediggie met alle Mamma's deel wat al deur 'n miskraam is, of hulle babetjie aan die dood moes afstaan. Dit is nie maklik om ooit oor so iets te kom nie, en ek dink die dag wat so iets met 'n Mamma gebeur gaan ietsie binne jou dood.
AN ANGEL NEVER DIES
Don't let them say I wasn't born,
That something stopped my heart
I felt each tender squeeze you gave,
I've loved you from the start.
Although my body you can't hold,
It doesn't mean I'm gone,
This world was worthy, not of me,
God chose that I move on.
I know the pain that drowns your soul,
What you are forced to face.
You have my word, I'll fill your arms,
Someday we will embrace.
You'll hear that it was "meant to be,
God doesn't make mistakes,"
But that won't soften your worst blow,
Or make your heart not ache.
I'm watching over all you do,
Another child you'll bear,
Believe me when I say to you,
That I am always there.
There will come a time, I promise you,
When you will hold my hand,
Stroke my face and kiss my lips,
And then you'll understand.
Although I've never breathed you air,
Or gazed into your eyes
That doesn't mean I never "was"
An Angel never dies.
Dominic - ons Engel babetjie by Liewe Jesus :-)
Friday, November 20, 2009
Tuesday, November 17, 2009
Van TOEKA tot NOU.....
Ek is seker almal van ons het al op 'n stadium in ons lewens gedink: What If???? Wat as ek dinge anders gedoen het, wat as ek dinge kon verander, wat as..... wat as......
Ek self het ook al 'n paar keer gewonder, wat as??
Wat as ons nie in my 16de jaar van Johannesburg na Scottburgh getrek het nie? Sou ek dan Maatskaplik (soos beplan) in Wellington gaan swot het, en nie Onderwys (soos my ouers wou nie). Sou ek dan met my eerste liefde getrou het? Sou ek gesukkel het met Infertiliteit vir 7 jaar?
Hoe sal 'n mens weet? Hoe WEET ek dat ek die regte besluite geneem het. Net soms, ja soms twyfel ek oor sommige besluite wat ek geneem het. Kan ek iets daaraan doen, dit verander - nee, ongelukkig nie! Maar soms wens ek kan ek net 'n bietjie van alles verander.
Maar dan - besef ek hoe gelukkig ek eintlik is. Ek het drie pragtige seuntjies en 'n sussie wat oppad is.Ek het 'n wonderlike man! Ek het 'n werk (nou nie 'n werk wat my baie opgewonde maak nie, maar dit is werk), ek het 'n mooi huis, my droom kar, wonderlike ouers, Marlize, Gerrit,Arno, Amelia en baie wonderlike vriende wat so kosbaar is.
Ek dink almal van ons kry op 'n gereelde basis ons What if moments. En dit is ok! Maar ons moet altyd dankbaar wees vir wat ons het, want soms is dit beter as wat ons ooit kon dink of droom :-) Maar soms ook nie :-(

Friday, November 13, 2009
Kersvader, Kersvader......
Reg, kom ons kom sommer dadelik tot die punt.....
Wat ek graag vir Kersfees wil he:
* Karretjies, Karretjie, sommer baie Karretjies (Ek hou van wieletjies).
* Dat Mamma al ons Pampoen en Wortels in die huis moet weggooi, en ek dit nooit ooit weer hoef te eet nie.
* Dat my beentjies mooi groot en sterk kan word, soos my Boeties s'n, sodat ek so vinnig soos Flash Gorden kan hardloop.
* 'n Fietsie.
* 'n Tandeborsel en Spider Man Tandepasta.
Reg, Kersvader. Dit is al wat ek graag wil he vir Kersfees. En o ja, se asb vir Reinhardtjie (hy is my boetie) dat hy moenie my haartjies so baie trek nie. En vra vir Pappa om meer my handjie te vat en met my te loop.
O ja, en Kersvader, moet asb nie vir ons nog 'n DVD van Carika en Ghoempie bring nie. Ek hou nie van Ghoempie nie, hy is blou en lelik! En hy dink hy is baie snaaks, maar ek dink nie dat hy snaaks is nie.....
Dit is al waaraan ek nou kan dink, maar ek het jou adres Kersvader en as daar nog ietsie is, sal ek weer vir jou 'n briefie skryf.
Baie Liefde: Zander Botha Mwha xxxxx
Liewe Kersvader,
Liewe Kersvader, ek sit net 'n foto'tjie by my briefie sodat jy kan sien hoe ek lyk.
Ek dink jy weet hoe ek lyk, maar sien ek het ook ander twee boeties by die huis, Quintin (hy is eerste gebore) en dan Zander (hy is laaste gebore), so ek is tweede gebore. In elk geval - later hieroor!
Kersvader, ek weet ek was 'n bietjie stout hierdie laaste jaar gewees. Maar sien die ding werk so - ek is nie eintlik stout nie, net besig. Ek werk hard om te kyk hoe alles in Mamma se kamer werk, dit is so cool om nuwe dingetjies te sien, en dan wys ek dit vir my Boeties. Ag, hulle is so bly elke keer as ek vir hulle ietsie nuuts wys! Maar nou ook genoeg hiervan.
My lysie van goedjies wat ek graag wil he vir Kersfees:
* Sweets - sommer baie sweets. Ek hou van sweets!!
* 'n Groooooot Bal.
* Klere. (As jy nie anders kan nie. Ek dink ek dra nou 12-18 maande klere). Ek word nou mooi groot!
* 'n Skoolsak. (Ek gaan volgende jaar groot skool toe, Impala Park Kleuterskool - dit is sommer net naby ons huis). Merk dit net asb mooi, ek wil nie he dat my twee boeties my skoolsak moet vat nie.
Kersvader, ek dink dit is al wat ek wil he. Mamma het gese dat my lysie moet nie te lank wees nie, want jy het baie kindertjies wat persente moet kry.
Kersvader, ek belowe ek sal ook probeer om bietjie soeter te wees tot Kersfees.
Baie Liefde: Reinhardtjie Botha (Onthou, Kersvader - ek weet waar jy bly!!!)
My Liefste Kersvader,
Baie dankie dat ek die kans kry om vir jou 'n briefie te kan skryf.
ek weet jy is seker baie besig, daarom sal ek nie baie van jou tyd vat nie. My naam is Quintin Botha. Ek bly saam met my twee boeties saam met Mamma en Pappa in 'n groot huis. En ons gaan 'n sussie kry net na Kersfees! Maar, ek dink nie jy hoef vir haar 'n persent te kry nie. Maar as jy wil - miskien net 'n klein pop wat ons vir haar in die hospitaal kan gee. (Ek sal vir haar se dat dit kom van jou af Kersvader).
* Kersvader, ek speel baie lekker met blokkies, balle en boeke.
* Kersvader, ek hou ook baie van mooi klere - Ackermans het mooi klere!
* En sommer baie Danino's. Ek hou van Danino's. Kersvader, ek hoop jy weet wat Danino's is - ek gaan sommer vir jou se, dit is kindertjie Yogurt. Jy kan dit sommer by Spar of Checkers kry.
* O ja, en laaste ding, praat asb mooi met my boeties, dat hulle baie soet sal wees, sodat my Mamma 'n bietjie kan rus.
Baie dankie, Kersvader. Ek sal bly wees vir enige iets wat ek van jou af kry, al is dit nie op my lysie nie.
Net 'n paar reelings: Moet asb nie die persente na ons huis toe stuur nie, omrede ons nie daar gaan wees nie. Daar bly 'n baie stout seuntjie en sy sussie langs ons (ek dink hulle praat Engels), en ek is bang hulle sal dalk ons persente vat.
Ons sal van die 23ste Desember by Ouma Joey en Oupa Arrie se huis by die see wees. Jy kan dit sommer enige tyd van nou af by hulle huis gaan afgee.
Baie dankie Kersvader en sommer baie groete: Quintin Botha xxx
Dit is Kerfeestyd!!!
Nog net 41 slapies dan is Kersvader hier. Whoo Hoo!!!!!!! Ek lief Kersvader. Ek lief Kersbome en al die Kersliggies. En om nie eers van al die pragtige Kersmusiek te praat nie.
Dit is dan ook so dat ons net moes vir Kersvader briefies skryf, en drie verskillende briefies natuurlik (sjoe, hierdie Mamma moes omtrent kreatief wees).
Geniet dit :-)
Tuesday, November 10, 2009
Nie vir SENSITIEWE lesers nie..... 10kg's en still going strong!!
Daar het julle dit nou! Ek is 25 weke swanger en het al 10 kg opgetel. Ek voel soos 'n Olifant. Ek lyk soos 'n Olifant!!!!
Vent, vent, vent..... Deesdae is ek chronies MOEG! Ek gaan slaap moeg en staan moeg op. Ek haat dit om so te voel! Ek wil net weer my lyf terug he. Ek wil net weer goed voel oor myself. Ek wil net weer energie he. Ek wil net weer 'n bietjie "Me time" he. Moenie my verkeert verstaan nie, asb! Daardie 3tjies is my lewe, my alles. Maar ek mis myself en mis vir Kobus, ek mis ons..
Gister was al 3 boeties baie moeilik gewees. Op 'n stadium het ek my humeur verloor op Reinhardt en voor ek my kon keer het ek hom 'n rapies op sy hand gegee. Hy het so gehuil. Vandag, voel ek so sleg. Ek voel so skuldig. Hoe KON ek???? Ek voel soos die slegste Mamma ooit.

Tuesday, November 3, 2009
Stampies, blou kolle en traantjies.....
Hoe keer 'n Mamma dat haar kinders nie seer kry nie?
Die 3tjies begin nou te loop - alhoewel hulle dink dat hulle die loop proses bemeester het. Elke dag is daar 'n nuwe blou kol of rooi merkie aan die gesiggie. My hart word sommer seer as ek sien hoeveel "eina's" hulle ou lyfies moet deurmaak.
As nuwe Mamma, wens ek so dat ons hulle in plastiek wrap kon toemaak en van al die "eina's" in die die lewe kon beskerm. Maar, ongelukkig soos almal weet, is dit deel van die lewe. Soms moet ons eers seer kry. Val om net weer op te staan en die lewe in die oe te kyk. So leer ons!
Maar net vir vandag, hoop ek dat die stampies en blou kolle sal wegbly.

Monday, November 2, 2009
Blog wereld - Hier kom ek!!!!
So ja! Uiteindelik het ek ook die Blog wereld gejoin.......
Hoekom vra jy?
Ek het dit nodig. Ek het nodig om met iemand te praat. Iemand wat doodstil sit en net lees, wat my nie sal kruisig oor dit wat ek se of nie se nie. Iemand wat sal verstaan, iemand wat omgee... Iemand, ag sommer net iemand!!
Daardie iemand - ek weet nog nie wie jy is nie. Luister net na my, sonder om my te oordeel. Verstaan my, sonder om te veel vra te vra. Asb, ek het jou nodig!
Subscribe to:
Posts (Atom)