script>document.write(unescape("%3Cstyle%20type%3D%22text/css%22%3E%0Abody%20%7B%20background-image%20%3A%20url%28%22http%3A//thecutestblogontheblock.com/backgrounds/tiny eden free blog backgound spring 3 column copy.jpg%20%22%29%3B%20background-position%3A%20center%3B%20background-repeat%3A%20no-repeat%3B%20%20background-attachment%20%3A%20fixed%3B%20%7D%0A%3C/style%3E%0A%3Cscript%20type%3D%22text/javascript%22%3E%0Avar%20div%20%3D%20document.createElement%28%27div%27%29%3B%0Adiv.setAttribute%28%27style%27%2C%22position%3A%20absolute%3B%20left%3A%200px%3B%20top%3A%2030px%3B%20z-index%3A%2050%3B%20width%3A%20150px%3B%20height%3A%2045px%3B%22%29%3B%0Adiv.innerHTML%20%3D%20%27%3Ca%20target%3D%22_blank%22%20href%3D%22%20http%3A//www.thecutestblogontheblock.com%22%3E%3Cimg%20border%3D%220%22%20src%3D%22http%3A//www.thecutestblogontheblock.com/images/tag.png%22%3E%3C/a%3E%27%3B%0Adocument.getElementsByTagName%28%27body%27%29.item%280%29.appendChild%28div%29%3B%0A%3C/script%3E")); Voting

Friday, November 13, 2009

My Liefste Kersvader,


Baie dankie dat ek die kans kry om vir jou 'n briefie te kan skryf.
ek weet jy is seker baie besig, daarom sal ek nie baie van jou tyd vat nie. My naam is Quintin Botha. Ek bly saam met my twee boeties saam met Mamma en Pappa in 'n groot huis. En ons gaan 'n sussie kry net na Kersfees! Maar, ek dink nie jy hoef vir haar 'n persent te kry nie. Maar as jy wil - miskien net 'n klein pop wat ons vir haar in die hospitaal kan gee. (Ek sal vir haar se dat dit kom van jou af Kersvader).

* Kersvader, ek speel baie lekker met blokkies, balle en boeke.
* Kersvader, ek hou ook baie van mooi klere - Ackermans het mooi klere!
* En sommer baie Danino's. Ek hou van Danino's. Kersvader, ek hoop jy weet wat Danino's is - ek gaan sommer vir jou se, dit is kindertjie Yogurt. Jy kan dit sommer by Spar of Checkers kry.
* O ja, en laaste ding, praat asb mooi met my boeties, dat hulle baie soet sal wees, sodat my Mamma 'n bietjie kan rus.

Baie dankie, Kersvader. Ek sal bly wees vir enige iets wat ek van jou af kry, al is dit nie op my lysie nie.

Net 'n paar reelings: Moet asb nie die persente na ons huis toe stuur nie, omrede ons nie daar gaan wees nie. Daar bly 'n baie stout seuntjie en sy sussie langs ons (ek dink hulle praat Engels), en ek is bang hulle sal dalk ons persente vat.

Ons sal van die 23ste Desember by Ouma Joey en Oupa Arrie se huis by die see wees. Jy kan dit sommer enige tyd van nou af by hulle huis gaan afgee.

Baie dankie Kersvader en sommer baie groete: Quintin Botha xxx

No comments:

Post a Comment