Hoe keer 'n Mamma dat haar kinders nie seer kry nie?
Die 3tjies begin nou te loop - alhoewel hulle dink dat hulle die loop proses bemeester het. Elke dag is daar 'n nuwe blou kol of rooi merkie aan die gesiggie. My hart word sommer seer as ek sien hoeveel "eina's" hulle ou lyfies moet deurmaak.
As nuwe Mamma, wens ek so dat ons hulle in plastiek wrap kon toemaak en van al die "eina's" in die die lewe kon beskerm. Maar, ongelukkig soos almal weet, is dit deel van die lewe. Soms moet ons eers seer kry. Val om net weer op te staan en die lewe in die oe te kyk. So leer ons!
Maar net vir vandag, hoop ek dat die stampies en blou kolle sal wegbly.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment