Liewe Kersvader, ek sit net 'n foto'tjie by my briefie sodat jy kan sien hoe ek lyk.
Ek dink jy weet hoe ek lyk, maar sien ek het ook ander twee boeties by die huis, Quintin (hy is eerste gebore) en dan Zander (hy is laaste gebore), so ek is tweede gebore. In elk geval - later hieroor!
Kersvader, ek weet ek was 'n bietjie stout hierdie laaste jaar gewees. Maar sien die ding werk so - ek is nie eintlik stout nie, net besig. Ek werk hard om te kyk hoe alles in Mamma se kamer werk, dit is so cool om nuwe dingetjies te sien, en dan wys ek dit vir my Boeties. Ag, hulle is so bly elke keer as ek vir hulle ietsie nuuts wys! Maar nou ook genoeg hiervan.
My lysie van goedjies wat ek graag wil he vir Kersfees:
* Sweets - sommer baie sweets. Ek hou van sweets!!
* 'n Groooooot Bal.
* Klere. (As jy nie anders kan nie. Ek dink ek dra nou 12-18 maande klere). Ek word nou mooi groot!
* 'n Skoolsak. (Ek gaan volgende jaar groot skool toe, Impala Park Kleuterskool - dit is sommer net naby ons huis). Merk dit net asb mooi, ek wil nie he dat my twee boeties my skoolsak moet vat nie.
Kersvader, ek dink dit is al wat ek wil he. Mamma het gese dat my lysie moet nie te lank wees nie, want jy het baie kindertjies wat persente moet kry.
Kersvader, ek belowe ek sal ook probeer om bietjie soeter te wees tot Kersfees.
Baie Liefde: Reinhardtjie Botha (Onthou, Kersvader - ek weet waar jy bly!!!)

No comments:
Post a Comment