script>document.write(unescape("%3Cstyle%20type%3D%22text/css%22%3E%0Abody%20%7B%20background-image%20%3A%20url%28%22http%3A//thecutestblogontheblock.com/backgrounds/tiny eden free blog backgound spring 3 column copy.jpg%20%22%29%3B%20background-position%3A%20center%3B%20background-repeat%3A%20no-repeat%3B%20%20background-attachment%20%3A%20fixed%3B%20%7D%0A%3C/style%3E%0A%3Cscript%20type%3D%22text/javascript%22%3E%0Avar%20div%20%3D%20document.createElement%28%27div%27%29%3B%0Adiv.setAttribute%28%27style%27%2C%22position%3A%20absolute%3B%20left%3A%200px%3B%20top%3A%2030px%3B%20z-index%3A%2050%3B%20width%3A%20150px%3B%20height%3A%2045px%3B%22%29%3B%0Adiv.innerHTML%20%3D%20%27%3Ca%20target%3D%22_blank%22%20href%3D%22%20http%3A//www.thecutestblogontheblock.com%22%3E%3Cimg%20border%3D%220%22%20src%3D%22http%3A//www.thecutestblogontheblock.com/images/tag.png%22%3E%3C/a%3E%27%3B%0Adocument.getElementsByTagName%28%27body%27%29.item%280%29.appendChild%28div%29%3B%0A%3C/script%3E")); Voting

Thursday, July 7, 2011

OLA, OLA, OLA!!!!!


Haaidie Foks!

Guess who is back?? Dit is waar, ek is terug. En hierdie keer is ek terug met 'n "Bang!" Baie dinge om julle te vertel. So baie dinge. Ek gaan dit maar stuk vir stuk doen.

Eers wil ek begin deur te se dat dit amptelik is: Ek het die cutste en oulikste kiddies. Dit is regtig so en was vanoggend in die Beeld koerant. Ps: Hou volgende week se Huisgenoot (met Joost en Amor op - he he he) dop, ons mag dalk net hulle "spot" oorvat.

Kobus is ook nie te bad nie. Ons is nog saam en ek like hom eintlik baie. LOL. Nee, ek lief hom baie.

Genoeg vir vandag. Ek wil nie myself uitbrand nie.

Toedels tot later.

Ps: Hier is 'n foto van my awesome gesin.

Thursday, October 28, 2010

MID LIFE CRISIS?!

OK, ek dink ek beleef 'n MID LIFE CRISIS op 34.......
Ek weet nie wat ek met my lewe wil doen nie.
Ek is moeg vir my werk (so onbevreedigend - maar 'n goeie salaris)... Mmmmmm....... What to do, what to do?

Ek beny mense (soos Marlize & Tanya) wat hulle passie uitleef. Ek het ook 'n DROOM, 'n PASSIE. Maar hoe doen ek dit, hoe begin daarmee. Dit sal beteken dat ek sal moet gaan swot, 'n graad ens kry. Met 4 kinders??????? Dit sal NOOIT kan gebeur nie. Waar gaan ek die tyd kry? Ek sal moet ophou werk. Waar gaan ek geld kry? NAG, alles lyk NAG!

Ek is ongelukkig :-( Ek voel nutteloos, 'n mors van 'n mens en asem. Bitter min dinge maak my deesdae gelukkig of opgewonde. Inteendeel, ek voel oud, lelik en hartseer meeste van die tyd. Mmmmm....... Depressie????? Nee, ek dink nie so nie..... Maar nutteloos en verveeld...... DEFNITIEF!!!!!

Werk, werk, werk, kinders groot maak, kinders groot maak, kinders groot maak, werk, werk, bla bla bla.................................

Ok, back to reality! *Sug*, wanneer gaan ek beter voel?

Wednesday, July 28, 2010

HOEKOM????

Hoekom het jy my nie meer lief soos jy al gehad het nie?
Hoekom gee jy nie vir my om soos vir jou kinders nie?
Hoekom is jy nie so lojaal teenoor my soos teenoor jou Ma nie?
Hoekom luister jy nooit na my soos na jou Kollegas en vriende nie?

Hoekom...........

Dit maak seer. So diep seer!
Gee jy ooit om?
Pla dit jou ooit as ek soms net 'n skouer soek, trooswoorde, omgeewoorde.......
Maak dit saak vir jou?

Hoekom, is ons hier?
Hoekom en waarom en wanneer het dinge so verkeert begin gaan?
Gaan dit reg kom?
Wil ons he dit moet reg kom?
Gee jy ooit om?
Pla dit jou soms?

Ek dink nie so nie.
Jy het soveel om voor te lewe, en jy lewe.
En ek??????
Wat van my?

Hoekom?

Monday, January 25, 2010

Vir Dominique - van Mamma xxxx

Mamma is amper 36 weke swanger met jou. Sjoe hoe vinnig het die tyd nie verby gegaan nie. Dit voel net soos gister toe Mamma vermoed het, dat Liewe Jesus dalk vir ons nog 'n babetjie sou gee.

Dominique, alles was so onverwags gewees. So vinnig en vreemd gewees. Nooit sou ons kon dink dat ons nog 'n babetjie sou by kry nie. Maar - Liewe Jesus het anders besluit. Dit was baie moeilik met tye gewees. Mamma en Pappa was baie bekommerd gewees (sug - jammer). Hoe gaan ons cope? Daar is alreeds 3 Boeties by die huis...... Gaan die huis te klein wees? Daar was al baie vrae, baie traantjies, baie bekommernisse. Maar nooit ooit het ons getwyfel dat ons jou NIE gaan liefhe nie. Nooit!!! Die Here het jou vir ons gegee vir 'n rede. Dit maak nie saak wat die rede is nie. Jy is ons s'n. En jy is PERFEK!!!!!!

Mamma het baie min met jou gesels. Mamma het baie min notisie geneem van jou skoppe van al jou bewegings. Mamma het jou soms baie kwalik geneem as ek moeg was en nie lekker gevoel het nie, as dingetjies net te dol gegaan het. Mamma is jammer...... Dit was nooit jou skuld gewees nie. Mamma voel baie sleg. Mamma het die laaste 8 maande nie mooi na jou of haarself gekyk nie. Mamma is so jammer, maar belowe om op te maak daarvoor.

Ons het nog net 3 weke oor, dan is jy hier. 3 Weke wat ons nog so baie moet doen. Maar - ons is baie opgewonde en kan nie meer wag om jou te sien nie. Ons Engel, wonderwerk babetjie. Ons lief jou baie en sien jou oor 3 weke. Rus lekker in Mamma se magie, want by die huis is daar drie woelige Boeties: Quintin, Reinhardt en Zander. Hulle is baie besig maar baie cute, jy sal sommer dadelik baie lief wees vir hulle!

Mooi bly en ons sien jou binnekort.

Natbek soentjies: Mamma xxxxx

Thursday, January 21, 2010

TANTRUM 101

ALERT!!!!!!
WARNING, WARNING!!!!
TANTRUM IN PROGRESS.......................

My sonstraal, alias Funny Bunny seuntjie Reinhardt het in 'n Monster verander. 'n Tantrum Monster. En..... ek is bekommerd - regtig BEKOMMERD. Sommer net so, oor nag. Whola!!!!!

What to do???????

Hy skree/huil 24/7. Sodra hy sy sin kry, is hy die ou Reinhardt van self. Ek ken hom nie so nie. Dit is nie meer 'n plesier om naby hom te wees nie, jammer om dit te se, maar ek raak bang vir hom. Ek is so bang dat Q en Z sien wat hy doen en dit ook probeer. Kan jy die gaos voorstel? Ek byt letterlik op my tande om nie my humeur te verloor met hom nie, maar tipies Arnell kry dit nie altyd reg nie, en dit maak Kobus mal. Hy kan nie cope met nog 'n persoon se tantrums nie..

Wat moet ons doen?? HELP!!!!!!!! DR. PHIL, OPRAH!!!!!!!!!!!!!! HELP!!!!!!!!!!!!!!!!

Monday, January 11, 2010

My naam is Arnell Botha en ek het 'n drieling!

SO WHAT????????????????????
Ons het 'n drieling. Wat is so spesiaal daaraan? Wat is so vreemd daaraan? Wat is so snaaks daaraan?
Orals waar ons gaan staar almal ons aan. Los ons net uit - ASB!!!!!!! Ons is 'n normale gesin met drie verskillende seuntjies. Hoekom staar julle ons aan? Hoekom al die vrae altyd? En om nie eers van al die opmerkings te praat nie. Julle ken nie ons omstandighede nie, so asb SHIT UP!

Deur julle, wil ek nie meer iewers gaan nie. Ek is moeg vir die aanstaar en opmerkings. Ek is moeg vrae beantwoord. Get the point - Ek is moeg.

Asb, los ons net uit! Laat ons net in vrede iewers gaan. Asb, Asb, Asb!!!!!!!!!!!

Tristan, Richard Harris....

Baie welkom in hierdie wereld.
Vandag is jy gebore. 'n Stewige bulletjie van 3.07 Kg en 49 cm lank.
Jou Mamma en Pappa het so lank vir jou gewag, so lank vir jou gebid. En vandag het Liewe Jesus dit goed gedink om jou lewe te gee.

Tristan, mag jy vir altyd baie gelukkig wees. Ek weet dat jou Mamma en Pappa baie mooi na jou sal kyk en jou altyd net die beste sal gee. Mag jy altyd in Liewe Jesus se armpies wees. Jy is pragtig! En ons is sommer dadelik baie lief vir jou!

Baie Liefde: Tannie Arnell xxxx