Mamma is amper 36 weke swanger met jou. Sjoe hoe vinnig het die tyd nie verby gegaan nie. Dit voel net soos gister toe Mamma vermoed het, dat Liewe Jesus dalk vir ons nog 'n babetjie sou gee.
Dominique, alles was so onverwags gewees. So vinnig en vreemd gewees. Nooit sou ons kon dink dat ons nog 'n babetjie sou by kry nie. Maar - Liewe Jesus het anders besluit. Dit was baie moeilik met tye gewees. Mamma en Pappa was baie bekommerd gewees (sug - jammer). Hoe gaan ons cope? Daar is alreeds 3 Boeties by die huis...... Gaan die huis te klein wees? Daar was al baie vrae, baie traantjies, baie bekommernisse. Maar nooit ooit het ons getwyfel dat ons jou NIE gaan liefhe nie. Nooit!!! Die Here het jou vir ons gegee vir 'n rede. Dit maak nie saak wat die rede is nie. Jy is ons s'n. En jy is PERFEK!!!!!!
Mamma het baie min met jou gesels. Mamma het baie min notisie geneem van jou skoppe van al jou bewegings. Mamma het jou soms baie kwalik geneem as ek moeg was en nie lekker gevoel het nie, as dingetjies net te dol gegaan het. Mamma is jammer...... Dit was nooit jou skuld gewees nie. Mamma voel baie sleg. Mamma het die laaste 8 maande nie mooi na jou of haarself gekyk nie. Mamma is so jammer, maar belowe om op te maak daarvoor.
Ons het nog net 3 weke oor, dan is jy hier. 3 Weke wat ons nog so baie moet doen. Maar - ons is baie opgewonde en kan nie meer wag om jou te sien nie. Ons Engel, wonderwerk babetjie. Ons lief jou baie en sien jou oor 3 weke. Rus lekker in Mamma se magie, want by die huis is daar drie woelige Boeties: Quintin, Reinhardt en Zander. Hulle is baie besig maar baie cute, jy sal sommer dadelik baie lief wees vir hulle!
Mooi bly en ons sien jou binnekort.
Natbek soentjies: Mamma xxxxx
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment