script>document.write(unescape("%3Cstyle%20type%3D%22text/css%22%3E%0Abody%20%7B%20background-image%20%3A%20url%28%22http%3A//thecutestblogontheblock.com/backgrounds/tiny eden free blog backgound spring 3 column copy.jpg%20%22%29%3B%20background-position%3A%20center%3B%20background-repeat%3A%20no-repeat%3B%20%20background-attachment%20%3A%20fixed%3B%20%7D%0A%3C/style%3E%0A%3Cscript%20type%3D%22text/javascript%22%3E%0Avar%20div%20%3D%20document.createElement%28%27div%27%29%3B%0Adiv.setAttribute%28%27style%27%2C%22position%3A%20absolute%3B%20left%3A%200px%3B%20top%3A%2030px%3B%20z-index%3A%2050%3B%20width%3A%20150px%3B%20height%3A%2045px%3B%22%29%3B%0Adiv.innerHTML%20%3D%20%27%3Ca%20target%3D%22_blank%22%20href%3D%22%20http%3A//www.thecutestblogontheblock.com%22%3E%3Cimg%20border%3D%220%22%20src%3D%22http%3A//www.thecutestblogontheblock.com/images/tag.png%22%3E%3C/a%3E%27%3B%0Adocument.getElementsByTagName%28%27body%27%29.item%280%29.appendChild%28div%29%3B%0A%3C/script%3E")); Voting

Monday, January 11, 2010

2010 - Ek is reg vir jou!!!!

Dag 12 van 2010.
Uiteindelik het ek tyd om my nuwe jaarsvoorneme bekend te maak. Gewoonlik is my nuwe jaarsvoorneme om nie voorneme te he nie. Maar - hierdie jaar gaan ek dit 'n bietjie anders doen.

Hiermee dus my lysie vir 2010:

* Weeg teen Mei 2010 50 Kg.
* Doen elke dag oefening en kyk of ek Desember 2010 10 Km gemaklik kan draf.
* Maak meer tyd vir myself (sluit in: Lees meer, gaan meer Spa's toe, gaan lunch meer met vriendinne ens).
* Wees 'n beter Mamma (meer geduldig).
* Wees 'n beter eggenoot vir Kobus (maak meer tyd vir hom).
* Gaan vir Laser A.S.A.P. en raak vir eens en altyd ontslae van al my rekmerke.
* Sonbed!!!!!!!!!!!!!!!!!
* Gooi al my klere uit en begin 'n nuwe, meer "funckier" klerekas.
* Eet en leef meer gesonder (drink aansienliker minder Coke).




2010 - Hierdie jaar gaan ek 'n bietjie aan myself dink. Myself "regruk". Bietjie selfsugtig wees. Who Ho!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek is myself dit verskuldig. So NEE ek voel nie skuldig nie.

2010 - Bring it on :-)

Thursday, January 7, 2010

Hello 2010 !!!!!

Hello 2010....
Good Baai 2009. Thank goodness!!!!!!!!!!!
Aan al my maatjies, mag 2010 net mooi inhou vir julle. Mag al julle drome en ideale waar word in 2010. Lief julle almal. Mwah. xxxxx

Wednesday, December 9, 2009

MANS!!!!!!!!!!!

Ugggggggggg!!!!!!!
Mans!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hoekom kan hulle nie 'n geheim hou nie?? Ek het so mooi vir K gevra om nie 'n seker "iets" met mense te bespreek nie. Maar wat doen hy...... Gaan blaker dit uit!!! Hoekom doen hulle dit? Is dit soveel gevra net om stil te bly en self daardeur te werk?

Ugggggg!!!!!!!!!!!!!
Ek is so UPSET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

En ek dog vrouens is erg. Toe nie!

Jammer, moes dit net uit my sisteem kry.

Thursday, December 3, 2009

Bel, Bel, Bel!!!!!!!!!!!

Ek wil bel en chat. Maar na gister, na alles wat gese is.... Weet ek nie so mooi nie. Hoe vergeet ek die harde, koue stemtoon en woorde? Hoe beweeg ek aan en vergeet van alles? Hoe raak ek weer sag?

Die laaste ruk voel dit vir my asof ek soveel dingetjies besig is om te verloor. Mense vir wie ek regtig omgee, verdwyn "net so" uit my lewe. En dit maak seer! Magtig man, hoekom dan? Wat doen ek verkeert, seblief se vir my. Miskien, net miskien kan ek dit regmaak. My hart is leeg, 'n lee dop! Ek is moeg.....

Wednesday, December 2, 2009

1000 Stukke!

Vandag is my hartjie baie seer.
Oor mense wat praat voordat hulle dink. Oor dingetjies wat gese is, wat NOOIT weer terug geneem kan word nie. Oor omstandighede wat ek nie kan verander nie (al sou ek ook graag wou), oor 'n babetjie wat oppad is, en ek nie opgewonde daaroor is nie, maar dood, dood bang!

Vandag is my hart in 'n 1000 stukke. En ek kan nie daaroor praat nie. Ek wil nie daaroor praat nie. Ek wil daarvan vergeet, maar ek weet dat ek nooit sal kan nie...

Daar word gese, word die Clown wat binnekant huil, maar altyd ander laat lag. Wel, ek het daardie Clown geword. Ek IS daardie Clown..... Al die laaste 14 maande!!!!!!!!

Friday, November 20, 2009

Dominic - Ons mis jou nog baie.....

Dominic was ons eerste babetjie gewees. Ons eerste swangerskap en ons ons eerste (en dankie tog laaste) miskraam gewees. Ek sal daardie dag wat ons vir die eerste keer gehoor het dat ons swanger is, nooit vergeet nie. Dit was Vrydag die 24ste Augustus 2007 gewees. Maar ongelukkig 4 dae later, Dinsdag die 28ste Augustus 2007 het ons, ons babetjie verloor.

Ons het besluit om vir ons babetjie 'n naampie te gee - Dominic. Hoe ironies dat ons verrassings babetjie se naam nou Dominique gaan wees. Maar nooit ooit sal ons vergeet van ons eerste, werklike babetjie Dominic nie.

Ek het 'n briefie aan Dominic geskryf na die miskraan, ek sal dit 'n bietjie later met julle deel.

Maar eers wil ek graag 'n gediggie met alle Mamma's deel wat al deur 'n miskraam is, of hulle babetjie aan die dood moes afstaan. Dit is nie maklik om ooit oor so iets te kom nie, en ek dink die dag wat so iets met 'n Mamma gebeur gaan ietsie binne jou dood.

AN ANGEL NEVER DIES

Don't let them say I wasn't born,
That something stopped my heart
I felt each tender squeeze you gave,
I've loved you from the start.
Although my body you can't hold,
It doesn't mean I'm gone,
This world was worthy, not of me,
God chose that I move on.
I know the pain that drowns your soul,
What you are forced to face.
You have my word, I'll fill your arms,
Someday we will embrace.
You'll hear that it was "meant to be,
God doesn't make mistakes,"
But that won't soften your worst blow,
Or make your heart not ache.
I'm watching over all you do,
Another child you'll bear,
Believe me when I say to you,
That I am always there.
There will come a time, I promise you,
When you will hold my hand,
Stroke my face and kiss my lips,
And then you'll understand.
Although I've never breathed you air,
Or gazed into your eyes
That doesn't mean I never "was"
An Angel never dies.

Dominic - ons Engel babetjie by Liewe Jesus :-)

Tuesday, November 17, 2009

Van TOEKA tot NOU.....

Ek is seker almal van ons het al op 'n stadium in ons lewens gedink: What If???? Wat as ek dinge anders gedoen het, wat as ek dinge kon verander, wat as..... wat as......

Ek self het ook al 'n paar keer gewonder, wat as??

Wat as ons nie in my 16de jaar van Johannesburg na Scottburgh getrek het nie? Sou ek dan Maatskaplik (soos beplan) in Wellington gaan swot het, en nie Onderwys (soos my ouers wou nie). Sou ek dan met my eerste liefde getrou het? Sou ek gesukkel het met Infertiliteit vir 7 jaar?

Hoe sal 'n mens weet? Hoe WEET ek dat ek die regte besluite geneem het. Net soms, ja soms twyfel ek oor sommige besluite wat ek geneem het. Kan ek iets daaraan doen, dit verander - nee, ongelukkig nie! Maar soms wens ek kan ek net 'n bietjie van alles verander.

Maar dan - besef ek hoe gelukkig ek eintlik is. Ek het drie pragtige seuntjies en 'n sussie wat oppad is.Ek het 'n wonderlike man! Ek het 'n werk (nou nie 'n werk wat my baie opgewonde maak nie, maar dit is werk), ek het 'n mooi huis, my droom kar, wonderlike ouers, Marlize, Gerrit,Arno, Amelia en baie wonderlike vriende wat so kosbaar is.

Ek dink almal van ons kry op 'n gereelde basis ons What if moments. En dit is ok! Maar ons moet altyd dankbaar wees vir wat ons het, want soms is dit beter as wat ons ooit kon dink of droom :-) Maar soms ook nie :-(