Dominic was ons eerste babetjie gewees. Ons eerste swangerskap en ons ons eerste (en dankie tog laaste) miskraam gewees. Ek sal daardie dag wat ons vir die eerste keer gehoor het dat ons swanger is, nooit vergeet nie. Dit was Vrydag die 24ste Augustus 2007 gewees. Maar ongelukkig 4 dae later, Dinsdag die 28ste Augustus 2007 het ons, ons babetjie verloor.
Ons het besluit om vir ons babetjie 'n naampie te gee - Dominic. Hoe ironies dat ons verrassings babetjie se naam nou Dominique gaan wees. Maar nooit ooit sal ons vergeet van ons eerste, werklike babetjie Dominic nie.
Ek het 'n briefie aan Dominic geskryf na die miskraan, ek sal dit 'n bietjie later met julle deel.
Maar eers wil ek graag 'n gediggie met alle Mamma's deel wat al deur 'n miskraam is, of hulle babetjie aan die dood moes afstaan. Dit is nie maklik om ooit oor so iets te kom nie, en ek dink die dag wat so iets met 'n Mamma gebeur gaan ietsie binne jou dood.
AN ANGEL NEVER DIES
Don't let them say I wasn't born,
That something stopped my heart
I felt each tender squeeze you gave,
I've loved you from the start.
Although my body you can't hold,
It doesn't mean I'm gone,
This world was worthy, not of me,
God chose that I move on.
I know the pain that drowns your soul,
What you are forced to face.
You have my word, I'll fill your arms,
Someday we will embrace.
You'll hear that it was "meant to be,
God doesn't make mistakes,"
But that won't soften your worst blow,
Or make your heart not ache.
I'm watching over all you do,
Another child you'll bear,
Believe me when I say to you,
That I am always there.
There will come a time, I promise you,
When you will hold my hand,
Stroke my face and kiss my lips,
And then you'll understand.
Although I've never breathed you air,
Or gazed into your eyes
That doesn't mean I never "was"
An Angel never dies.
Dominic - ons Engel babetjie by Liewe Jesus :-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

Liefste Arnell, die gediggie is pragtig en dit beteken baie vir my veral nadat ons ons babatjie verloor het nou met hierdie buis swangerskap. Ek wens ook ek het voor dit geweet ek was swanger dan kon ek stappe geneem om dit te voorkom maar soos jou gedig sê Die Liewe Heer het 'n ander plan met hom/haar gehad. Dankie dis so mooi gestel. Lief vir jou baie. Kathy
ReplyDeleteEk dink nie ek sal ooit die hartseer kan deel wat julle al moes deur nie. Maar ek lees dit en ek is totaal en al oorweldig deur emosie.
ReplyDeleteEk kan egter deel in die wete dat Jesus 'n spesiale plan het met hierdie "unborn" engeltjies. En natuurlik die mammas wat deur hierdie hartseer moet gaan. Die Here het 'n plan daarmee en uiteindelik gaan dit oor Sy glorie en daarin kan ons vreugde en berusting hê
En dan deel ek in die oorstelpte vreugde van jou drie mannetjies en Dominique se koms. Mag als rustig verloop in die laaste paar weke. Ons kan nie wag om haar ook te ontmoet nie.
'n Mamma van 4